Nieu-Meksiko

Deelstaat Nieu-Meksiko
alt alt
Vlag van Nieu-Meksiko Seël
Bynaam(e): Land of Enchantment
alt
Kaart van die Verenigde State met Nieu-Meksiko uitgelig
Amptelike taal(e) Geen
Gesproke taal(e) Engels 82%, Spaans 29%, Navajo 4%
Hoofstad Santa Fe
Grootste stad Albuquerque
Area  5de in die V.S.
 - Totaal 315 194 km2
 - Wydte 550 km
 - Lengte 595 km
 - Water 608 km2
 - % water 0,2 %
 - Breedtegraad 31° 20′ N tot 37° N
 - Lengtegraad 103° W tot 109° 3′ W
Bevolking  36se in die V.S.
 - Totaal 2 059 179
 - Digtheid 6,5/km2
45de in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt Wheeler Peak
4 013 m
 - Gemiddeld 1 735 m
 - Laagste punt Red Bluff Reservoir
866 m
Toetrede tot die Unie  6 Januarie 1912 (47ste)
Goewerneur Michelle Lujan Grisham (D)
Luitenant-Goewerneur Howie Morales (D)
Wetgewer Nieu-Meksiko Wetgewer
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Tom Udall (D)
Martin Heinrich (D)
Tydsone Mountain: UTC-7/DST-6
Afkortings NM US-NM
Webblad www.newmexico.gov

Nieu-Meksiko of Nieu-Mexiko (Engels: State of New Mexico, Spaans: Nuevo Mexico) is 'n deelstaat in die suidweste van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van sowat twee miljoen. Die hoofstad is Santa Fe en die grootste stad is Albuquerque.

'n Warmlugballon sweef oor die duinelandskap van die White Sands National Park
Rio Grande met canyon
Kranse naby Georgia O'Keeffe se Ghost Ranch skitter rooi in die sonlig
Die Taos Pueblo met kleigeboue wat tussen 1000 en 1450 ontstaan het en tans naby die gelyknamige moderne nedersetting geleë is, word as die oudste deurgaans bewoonde behuisingskompleks in die Verenigde State beskou. Unesco het aan die pueblo in 1992 die status van wêrelderfenis toegeken

Nieu-Mexiko is die 47ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Dit word in die noorde deur Colorado, in die ooste deur Oklahoma en Texas, in die suide deur Texas en Meksiko (state Sonora en Chihuahua) en in die weste deur Arizona begrens.

Nieu-Meksiko se bynaam is "Die Land van Betowering" (Engels: Land of Enchantment). Alhoewel die deelstaat nie amptelik tweetalig is nie en Engels die status van de facto-ampstaal het, is meer as 'n kwart van die bevolking Spaanssprekend. Sommige sprekers van Spaans is nasate van oorspronklike Spaanse setlaars uit die koloniale tydperk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search